Lille

Lille

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Nord-Pas-de-Calais
 Département Nord
 Koördinate 50°38′N 3°04′O / 50.633°N 3.067°O / 50.633; 3.067
 Stigting 1054
 Oppervlakte:  
 - Totaal 34,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 18–46 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 234 475
 - Bevolkingsdigtheid 6 700/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 510 079
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Martine Aubry (PS)
 Amptelike webwerf lille.fr

Lille of Rysel (Frans: [lil], ; Nederlands: Rijsel, [ˈrɛisəl]; Pikardies: Lile; Wes-Vlaams: Rysel) is die hoofstad van die département Nord, die région Nord-Pas-de-Calais (Frankryk) en Frans-Vlaandere, naby die Belgiese grens, met sowat 234 000 inwoners (2019).

Saam met die 95 communes in die omgewing, onder meer Roubaix, Tourcoing en Villeneuve-d'Ascq, vorm Lille 'n metropolitaanse gebied genaamd Métropole Européenne de Lille met byna 1,2 miljoen inwoners, die vierde grootste in die land na Métropole du Grand Paris, Métropole d'Aix-Marseille-Provence en Métropole de Lyon. Saam met 'n aantal Belgiese stede oorkant die grens, waaronder Kortrijk (Frans: Courtrai), Mouscron (Nederlands: Moeskroen) en Menen (Frans: Menin), het die Frans-Belgiese metropolitaanse gebied 1,7 miljoen inwoners. Lille is een van die jongste stede in Frankryk wat die ouderdomsstruktuur betref – sowat 40 persent van die bevolking is tussen 0 en 25 jaar oud, en daar is sowat 40 000 studente.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search